TheGrue Menu

Poste Beskikbaar

By Kerk-in-Suid streef ons om mekaar te help en by te staan.

So het die beroepsnetwerk begin, om lede wat tussen werke is of opsoek is na werk te ondersteun.

Sou jy belangstel in een van die onderstaande poste epos ons gerus by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

BESKIKBARE POSTE:

POS

SLUITINGS DATUM

 KONTAK INSTANSIE

Intersenfase onderwyspos vanaf 1 April 2020

Die Kandidate moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • Toepaslike kwalifikasie vir Intersenfase Graad 4 – 7
  • SACE registrasie
  • Basiese rekenaarvaardigheid
  • Sport – en kultuurafrigting
  • Moet SWG, Bybel en LO kan aanbied

Rig asseblief u volledige CV met gewaarmerkte kwalifikasies met drie onlangse referente ingesluit aan.

Vrydag 14 Maart 2020 om 12:00.

 

Epos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Boekhouer (Dringend)
Toepaslike ondervinding nodig

Nie gespesifiseer

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Inligting Analis
Naskoolse kwalifikasie in kommunikasiekunde of J​oernalistiek

Nie gespesifiseer

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

IT Operateur
Toepaslike ondervinding nodig

Nie gespesifiseer

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

Haarkapper:
Dringend opsoek na ‘n jong dinamiese haarkapper by ‘n salon in Wierda Park.

 Nie gespesifiseer  Wimpie Minnie by 082 334 6529.

Voedseldiensbestuurder:
By Kiepersol Dienssentrum,
Ure Maandag – Vrydag 07h30-13h00.
Vereiste: bemarking- en spysenieringagtergrond

9 Maart 2020

Isabel Nel:

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

DIE CORONAVIRUS EN ONS GEMEENTE.

  • Dienste
    Vanaf Sondag, 22 Maart tot na Paasfees 14 April 2020, hou ons saam kerk aanlyn. Op die manier kan jy steeds deel wees van Kerk-in-Suid se diensbelewenis.Die diens sal beskikbaar wees Sondae vanaf 7 uur op al ons aanlyn platvorms. Dit sal ook daarop bly, indien jy dit op 'n latere stadium wil kyk.
     
  • Kommunikasie
    Daar sal deurlopend kommunikasie deurgegee word op al ons sosiale platvorms soos Facebook, Instagram, Youtube, en ons webwerf.
     
  • Sosiale Geleenthede
    Alle byeenkomste word gestaak tot na Paasfees 14 April 2020, ons sal nader aan die tyd nuwe kommunikasie deurgee.
     
  • Ondersteunings netwerk
    In hierdie tyd moet ons as Christene mekaar ondersteun en bystaan. As Kerk-in-Suid wil ons julle ondersteun en bystaan deur onder andere pastorale gesprekke en gebed. Ons leraars is gedurende hierdie tyd heeltyd beskikbaar, kontak ons gerus op 081 050 3363 vir enige pastorale bystand. Die kerkkantoor sal ook deurlopend oop wees.

     
  • Live@7
    In ’n tyd waar isolasie ’n groot rol speel, wil ons op kreatiewe maniere voortgaan om behoeftiges te bedien. Daarom gaan ons leraars op Woensdae aande om 19h00 op Facebook live connect en met mekaar God se woord deel in gesprek en kommentaar. Ons is baie opgewonde oor die aangeleentheid en hoop dat julle almal sal inskakel
     
  • Bedieningswerk
    Kerk-in-Suid gaan voort met al ons bedienings werk, en vra julle finansiële bystand en ondersteuning om te verseker dat ons die visie van Kerk-in-Suid kan aanhou uitleef na die gemeenskap binne en na buite.

    Bydrae kan steeds gemaak word deur middel van Internet Inbetalings, Debietorders of Snapscan. Indien jy kontant wil bydra, kan jy dit by die kerkkantoor inbetaal.

Wat kan ek verwag?

Kerk-in-Suid is 'n gemeente wat ruimte skep vir ALMAL!

Hierdie is 'n vriendelike, warm gemeente met 'n buzz! 

Kerk-in-Suid is 'n vernuwende gemeente wat in die tye waarin ons leef 'n verskil wil maak en daarom is die Familie van God (oud en jonk) baie welkom hier.

"Kerk-in-Suid waar die Gees lewens en gemeenskappe verander"

Regs kennisgewing

The data and information provided on this web site and related communications are provided for information purposes only and neither Kerk-in-Suid and/or any of its subsidiaries or any of their respective directors or employees make any representations whatsoever about any data and/or any communications of whatever nature provided on this web site or on any other web site which may be accessed through this web site.

Read more...

Kontak Ons

KERK-IN-SUID (NG Wierdapark-Suid)
Kerkkantoor
 
Maandae-Vrydae (8:00 - 13:00)
Tel: (012) 653-2280 / 653-7212 
Sel: 081 050 3363
 
Buite kantoorure
Ds Johan Jv Rensburg
+27727358811 / dsjoe@ngwps.co.za
 

TOP