Kinders is vir Kerk-in-Suid baie belangrik. 

Daarom word ons kategete baie goed opgelei om die Jeug in hulle eie portuurgroepe effektief te bedien.

Kerk-in-Suid se Jeug KOOK behoorlik!!

 

Babbelbekkies (Babas -2 jaar)

Bring gerus jou kleintjies hier na ons toe!

Ons verstaan dat die outjies nog baie na aan Ma en Pa se harte en skote moet wees, maar ons wil hulle baie graag al deel maak van Jesus se familie in ons kerk.

 

Woelwaters (3 - 5 jaar)

Ons kom as "grootgroep" (3 -5 jariges) bymekaar en sing lekker liedjies saam en hoor bietjie hoe gaan dit met ons kinders en wat het alles met hulle in die week gebeur.

Lokaal: Kleuterkerk

Tyd: 8:30-9:30 (tydens kerk)
Registrasie: Ouers registreer kinders tussen 8:00-8:30 by die Kleuterkerk lokaal.

Kontak Danelle Paynter: 083 379 4807

 

Rakkers (Gr. R-3)

Ons kom as "grootgroep" bymekaar en open met liedere en hierdie is ook ons informele "hoe gaan dit"-tyd. Ons gee veral aandag aan verjaarsdae, kollekte, afkondigings en lief-en-leed van kategete en kinders.

Lokaal: Popcornsaal

Tyd: 8:30-9:30 (tydens kerk)
Registrasie: Ouers registreer kinders tussen 8:00-8:30 by die saal.

Kontak: Ria van der Merwe: 083 703 4470

 

Champs

(Gr. 4-5)

Ons kom as "grootgroep" bymekaar en open met liedere en hierdie is ook ons informele kuiertyd. Ons gee veral aandag aan verjaarsdae, kollekte, afkondigings en lief-en-leed van fasiliteerders en kinders.

Lokaal: Jeugsentrum

Tyd: 8:30-9:30 (tydens kerk)
Registrasie: Ouers registreer kinders tussen 8:00-8:30 by die saal.

Kontak:  Joanne Cornelissen: 083 242 7329

 

EE3

(Gr. 6)

Kinderevangelisasie onder leiding van ‘n geakkrediteerde fasiliteerder.

Lokaal: Jeugsentrum

Tyd: 8:30-9:30 (tydens kerk)
Registrasie: Ouers registreer kinders tussen 8:00-8:30 by die saal.

Kontak vir Lizette Alberts: 082 337 2967

 

Tieners (Gr. 7-11)

Die Gr.7 tot Gr.11 Jeug vorm deel van die Tienergroep wat Sondae aande  vergader om saam met vriende te kan kuier, hulleself kan wees en te  vereenselwig as 'n Christen Tiener in alles wat gebeur.

Met ons hele Tienerbediening mik ons op jongmense wat 'n plek soek om te behoort en om 'n verskil in God se koninkryk te kan wees. Kerk-in-Suid is die plek waar jongmense met hulle eie portuurgroepe oor die Here kan gesels en oor al die issues wat jongmense in vandag se tyd beleef.

In ons bediening is ons verhoudings wat ons as jongmense met mekaar het van kardinale belang om ons Christenskap "onbeskaamd" uit te lewe elke dag.

SONDAE-IN-SUID

Sondae (tydens die kwartaal)

(16:00-17:00) Belydenisklas groepe - Gr 11

(16:30-17:30) Tieners Pelgroepe - Gr 7-10

(17:30-18:30) Aanderediens

(18:30-19:00) Koffietyd en Social

 

Kom gerus, wees jouself en beleef dat hier PLEK IS VIR JOU!!

 

HIERDIE JEUGBEDIENING WIL JOU KIND BY WEES!!

Ons Jeugbediening kontakte

Leraar - Jeugbediening

Ds Johan 072 735 8811

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Leier - Jeugbediening

Carol Snyman: 082 894 4626

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Leier - Kinderbediening

Ria van der Merwe: 083 703 4470

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Leier - Tienerbediening 

Morne Du Plooy: 082 584 8248

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Wat kan ek verwag?

Kerk-in-Suid is 'n gemeente wat ruimte skep vir ALMAL!

Hierdie is 'n vriendelike, warm gemeente met 'n buzz! 

Kerk-in-Suid is 'n vernuwende gemeente wat in die tye waarin ons leef 'n verskil wil maak en daarom is die Familie van God (oud en jonk) baie welkom hier.

"Kerk-in-Suid waar die Gees lewens en gemeenskappe verander"

Regs kennisgewing

The data and information provided on this web site and related communications are provided for information purposes only and neither Kerk-in-Suid and/or any of its subsidiaries or any of their respective directors or employees make any representations whatsoever about any data and/or any communications of whatever nature provided on this web site or on any other web site which may be accessed through this web site.

Read more...

Kontak Ons

KERK-IN-SUID (NG Wierdapark-Suid)
Kerkkantoor
 
Maandae-Vrydae (8:00 - 13:00)
Tel: (012) 653-2280 / 653-7212 
Sel: 081 050 3363
 
Buite kantoorure
Ds Johan Jv Rensburg
+27727358811 / dsjoe@ngwps.co.za
 

TOP