Die bediening se visie en doel is om manne wat geroep is om dienaarleiers te wees, in hulle gesinne, werksplekke en/of gemeenskappe, toe te rus en as liggaam van Christus saam God se Koninkryk uit te bou.

Hier skep ons ruimte waar mans opnuut kan ontdek wie God is en wat Sy plan is met hulle lewe. Die doel is om 'n veilige en vertroulike hawe te skep en 'n gemeenskap in liefde ("place of grace") te bou waarin hulle mekaar kan ondersteun tot geestelike en lewensgroei sodat hulle as dienaarleiers voluit kan leef in alle fasette van hul lewe.

Vir die bediening is dit belangrik om mans te help om hul geloof en verhouding met die Here in die alledaagse lewe te integreer. Die Mannebediening is ook aktief betrokke by die gemeentefunksies waar hegte bande gebou word.

Die Mannebediening is 'n aksie van Gemeentebou kommissie.

Indien u wil betrokke raak kontak: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Wat kan ek verwag?

Kerk-in-Suid is 'n gemeente wat ruimte skep vir ALMAL!

Hierdie is 'n vriendelike, warm gemeente met 'n buzz! 

Kerk-in-Suid is 'n vernuwende gemeente wat in die tye waarin ons leef 'n verskil wil maak en daarom is die Familie van God (oud en jonk) baie welkom hier.

"Kerk-in-Suid waar die Gees lewens en gemeenskappe verander"

Regs kennisgewing

The data and information provided on this web site and related communications are provided for information purposes only and neither Kerk-in-Suid and/or any of its subsidiaries or any of their respective directors or employees make any representations whatsoever about any data and/or any communications of whatever nature provided on this web site or on any other web site which may be accessed through this web site.

Read more...

Kontak Ons

KERK-IN-SUID (NG Wierdapark-Suid)
Kerkkantoor
 
Maandae-Vrydae (8:00 - 13:00)
Tel: (012) 653-2280 / 653-7212 
 
Buite kantoorure
Ds Johan Jv Rensburg
+27727358811 / dsjoe@ngwps.co.za
 

TOP