TheGrue Menu

Sending is ’n integrale deel van die kerk se taak hier op aarde. Jesus se laaste opdrag, voordat Hy opgevaar het hemel toe, aan die gelowiges was: "Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.” Mat 28:19,20

God se hart en uiteindelike doel, is om mense te herskep in Christus, van elke volk en nasie, ten volle onderdanig aan sy heerskappy, wie se passie is om met alles wat in hulle is, God te verheerlik en deel te wees van Sy Goddelike doel. Ons sien dit vanaf Genesis reg deur tot Openbaring, dat God streef daarna om alle nasies te bereik.

In 1997 het ons ’n gesin uitgestuur as sendelinge van die Gemeente: Alfred en Belinda Paetzold. Hulle, met hul seuns Christiaan, Bernard en Stefan, is werksaam in die noord-weste van Mosambiek onder die Yao volkegroep waar hulle kerkplanting doen.

Dit is ons as gemeente se verantwoordelikheid om hulle te ondersteun deur voorbidding, finansiële ondersteuning, morele en logistieke hulp. Op watter manier wil jy hulle graag ondersteun? Kontak hulle en raak betrokke!

Alfred en Belinda se kontakbesonderhede is soos volg: Tel in Moz: 00258 86 49 35360 Tel/SMS/WhatsApp in RSA: 082 370 8112

Blog: http://paetzolds-in-mozambique.blogspot.ro/

Email: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

DIE CORONAVIRUS EN ONS GEMEENTE.

  • Dienste
    Vanaf Sondag, 22 Maart tot na Paasfees 14 April 2020, hou ons saam kerk aanlyn. Op die manier kan jy steeds deel wees van Kerk-in-Suid se diensbelewenis.Die diens sal beskikbaar wees Sondae vanaf 7 uur op al ons aanlyn platvorms. Dit sal ook daarop bly, indien jy dit op 'n latere stadium wil kyk.
     
  • Kommunikasie
    Daar sal deurlopend kommunikasie deurgegee word op al ons sosiale platvorms soos Facebook, Instagram, Youtube, en ons webwerf.
     
  • Sosiale Geleenthede
    Alle byeenkomste word gestaak tot na Paasfees 14 April 2020, ons sal nader aan die tyd nuwe kommunikasie deurgee.
     
  • Ondersteunings netwerk
    In hierdie tyd moet ons as Christene mekaar ondersteun en bystaan. As Kerk-in-Suid wil ons julle ondersteun en bystaan deur onder andere pastorale gesprekke en gebed. Ons leraars is gedurende hierdie tyd heeltyd beskikbaar, kontak ons gerus op 081 050 3363 vir enige pastorale bystand. Die kerkkantoor sal ook deurlopend oop wees.

     
  • Live@7
    In ’n tyd waar isolasie ’n groot rol speel, wil ons op kreatiewe maniere voortgaan om behoeftiges te bedien. Daarom gaan ons leraars op Woensdae aande om 19h00 op Facebook live connect en met mekaar God se woord deel in gesprek en kommentaar. Ons is baie opgewonde oor die aangeleentheid en hoop dat julle almal sal inskakel
     
  • Bedieningswerk
    Kerk-in-Suid gaan voort met al ons bedienings werk, en vra julle finansiële bystand en ondersteuning om te verseker dat ons die visie van Kerk-in-Suid kan aanhou uitleef na die gemeenskap binne en na buite.

    Bydrae kan steeds gemaak word deur middel van Internet Inbetalings, Debietorders of Snapscan. Indien jy kontant wil bydra, kan jy dit by die kerkkantoor inbetaal.

Wat kan ek verwag?

Kerk-in-Suid is 'n gemeente wat ruimte skep vir ALMAL!

Hierdie is 'n vriendelike, warm gemeente met 'n buzz! 

Kerk-in-Suid is 'n vernuwende gemeente wat in die tye waarin ons leef 'n verskil wil maak en daarom is die Familie van God (oud en jonk) baie welkom hier.

"Kerk-in-Suid waar die Gees lewens en gemeenskappe verander"

Regs kennisgewing

The data and information provided on this web site and related communications are provided for information purposes only and neither Kerk-in-Suid and/or any of its subsidiaries or any of their respective directors or employees make any representations whatsoever about any data and/or any communications of whatever nature provided on this web site or on any other web site which may be accessed through this web site.

Read more...

Kontak Ons

KERK-IN-SUID (NG Wierdapark-Suid)
Kerkkantoor
 
Maandae-Vrydae (8:00 - 13:00)
Tel: (012) 653-2280 / 653-7212 
Sel: 081 050 3363
 
Buite kantoorure
Ds Johan Jv Rensburg
+27727358811 / dsjoe@ngwps.co.za
 

TOP