TheGrue Menu

Alle vrouelidmate is outomaties deel van die Vrouebediening en is baie welkom om betrokke te raak.
Ons bied verskeie geleenthede deur die jaar aan, waarvan die jaarlikse Vrouekamp gewoonlik 'n hoogtepunt is!

  • Wêreldbiddag vir Vroue

  • Vrouekamp

  • Vrouedag

  • Gemeentefunksies

  • Gemeente-etes

  • KANSA-tee

Die vrouebediening is 'n bediening om aan die gemeente diens te lewer op verskillende areas. Daarom het ons jou nodig – jou spesiale gawes en talente kan op 'n besondere wyse tot eer van die Here aangewend word. Sien gerus die inligtingstuk vir meer besonderhede:

• Spyseniering (gemeente-etes, pinkster en ander funksies)

• Blommerangskikking vir eredienste (Ruléne Ferreira 084 206 6843)

• Vrouebedienings vergaderings – kom dink saam (Michelle Jv Rensburg - 084 425 4547)

• Teeskink na eredienste (Thersia Pheiffer 082 499 5163)

• Begrafnisverversings – teeskink, maak van toebroodjies (Elsa Mostert 012 653 2280).

Indien u wil betrokke raak kontak: 

Michelle Jv Rensburg

084 425 4547

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

DIE CORONAVIRUS EN ONS GEMEENTE.

  • Dienste
    Vanaf Sondag, 22 Maart tot na Paasfees 14 April 2020, hou ons saam kerk aanlyn. Op die manier kan jy steeds deel wees van Kerk-in-Suid se diensbelewenis.Die diens sal beskikbaar wees Sondae vanaf 7 uur op al ons aanlyn platvorms. Dit sal ook daarop bly, indien jy dit op 'n latere stadium wil kyk.
     
  • Kommunikasie
    Daar sal deurlopend kommunikasie deurgegee word op al ons sosiale platvorms soos Facebook, Instagram, Youtube, en ons webwerf.
     
  • Sosiale Geleenthede
    Alle byeenkomste word gestaak tot na Paasfees 14 April 2020, ons sal nader aan die tyd nuwe kommunikasie deurgee.
     
  • Ondersteunings netwerk
    In hierdie tyd moet ons as Christene mekaar ondersteun en bystaan. As Kerk-in-Suid wil ons julle ondersteun en bystaan deur onder andere pastorale gesprekke en gebed. Ons leraars is gedurende hierdie tyd heeltyd beskikbaar, kontak ons gerus op 081 050 3363 vir enige pastorale bystand. Die kerkkantoor sal ook deurlopend oop wees.

     
  • Live@7
    In ’n tyd waar isolasie ’n groot rol speel, wil ons op kreatiewe maniere voortgaan om behoeftiges te bedien. Daarom gaan ons leraars op Woensdae aande om 19h00 op Facebook live connect en met mekaar God se woord deel in gesprek en kommentaar. Ons is baie opgewonde oor die aangeleentheid en hoop dat julle almal sal inskakel
     
  • Bedieningswerk
    Kerk-in-Suid gaan voort met al ons bedienings werk, en vra julle finansiële bystand en ondersteuning om te verseker dat ons die visie van Kerk-in-Suid kan aanhou uitleef na die gemeenskap binne en na buite.

    Bydrae kan steeds gemaak word deur middel van Internet Inbetalings, Debietorders of Snapscan. Indien jy kontant wil bydra, kan jy dit by die kerkkantoor inbetaal.

Wat kan ek verwag?

Kerk-in-Suid is 'n gemeente wat ruimte skep vir ALMAL!

Hierdie is 'n vriendelike, warm gemeente met 'n buzz! 

Kerk-in-Suid is 'n vernuwende gemeente wat in die tye waarin ons leef 'n verskil wil maak en daarom is die Familie van God (oud en jonk) baie welkom hier.

"Kerk-in-Suid waar die Gees lewens en gemeenskappe verander"

Regs kennisgewing

The data and information provided on this web site and related communications are provided for information purposes only and neither Kerk-in-Suid and/or any of its subsidiaries or any of their respective directors or employees make any representations whatsoever about any data and/or any communications of whatever nature provided on this web site or on any other web site which may be accessed through this web site.

Read more...

Kontak Ons

KERK-IN-SUID (NG Wierdapark-Suid)
Kerkkantoor
 
Maandae-Vrydae (8:00 - 13:00)
Tel: (012) 653-2280 / 653-7212 
Sel: 081 050 3363
 
Buite kantoorure
Ds Johan Jv Rensburg
+27727358811 / dsjoe@ngwps.co.za
 

TOP